Edition / Uitgawe Jun 2020

Ontmoet die lede van die OSU-komitee

Gustav Potgieter

Portefeulje: Voorsitter
Paul Roos: 1975 (St 4) tot 1981
Skoolaktiwiteite: Tweede span rugby , tweede span krieketkaptein, Semper redaksie (sosiaal) en ATKV toneel
Naskool:

  • Infanterieskool en 202Bn (1982/83)
  • B.Comm (Hons) op Maties,  Pieke Primarius en koshuisrugby.

Huidige beroep: Beleggingspesialis (CFP®) by my eie onderneming sedert 1990.
Stokperdjies/belangstellings: Gholf en reis.
Belangrikste goed in my lewe: Gesin, vriende, werk, skool en Suid-Afrika.
Swakheid/”Soft spot”: My liefde vir reis
Lewensmotto: “Carpe Diem – leef elke dag voluit.”

Pieter-Jan Bestbier

Portefeulje: Tesourier
Paul Roos: 1982 tot 1986
Skoolaktiwiteite: Rugby vir die laer spanne Semper redakteur
Naskool: 

  • Diensplig gedoen in die Spysenierskorps
  • Gekwalifiseer as geoktroïeerde rekenmeester (CA).

Huidige beroep: Vennoot in ouditpraktyk.
Stokperdjies/belangstellings: Waterski en voëls kyk.
Belangrikste goed in my lewe: My familie, personeel en kliënte.
Swakheid/”Soft spot”: PRG
Lewensmotto: “‘n Mens kan nooit te sinies wees nie.”

Francois Schoombee

Portefeulje: Memorabilia/Regsake
Skooljare: Paul Roos 1974 – 1978 (rugby en krieket)
Naskool:

  • 2 jaar diensplig en 1 jaar kortdiens
  • Nasionale Intelligensiediens
  • Studeer:  BA.Hons.LLB (US)
  • Pieke HK

Huidige beroep: Prokureur
Stokperdjies: Modelvliegtuie bou / Alles wat vlieg / Gholf / Houtwerk
Belangrikste in my lewe: Gesin/familie
Swakheid/”Soft spot”: ‘n Sigaretjie met ‘n brandewyn
Lewensmotto: “Doen aan ander soos wat jy wil hê ander moet aan jou doen.”

Niel Roode

Portefeulje:  Memorabilia en kommunikasie
Paul Roos: 2008 tot 2010
Skoolaktiwiteite: Eerste span hokkie en koor
Naskool: SA 0/21 hokkie en ‘n jaar in England hokkie gespeel
Huidige beroep: Welvaartsadviseur by PSG
Stokperdjies/belangstellings: Gholf en die wildtuin
Swakheid/”Soft spot”: My hond en my meisie (nie noodwendig in daardie volgorde nie)
Lewensmotto: “Effort + Discipline= Enjoyment”

Juan Morisson

Portefeulje: Gholf
Paul Roos: 1977 tot 1981
Skoolaktiwiteite: Eerste span rugby en krieket
Naskool:

  • WP Goue Beker rugby
  • Weermag krieketkaptein
  • Brodiekaptein vir Kuilsrivier en wen 5 Brodiebekers,
  • 2 Windhoek Internation Pairs

Huidige beroep: Konstruksie
Stokperdjies/belangstellings: Gholf, kamp en visvang
Belangrikste goed in my lewe: My vrou, kinders en honde.
Swakheid/”Soft spot”: Sê vir alles ja!
Lewensmotto: “Be happy”

Chris Theron

Portefeulje: Rugbykomitee
Skoolagtergrond: 1990 -1991, eerste span rugby 90 & 91, leerlingraad, niks ander noemenswaardig
Naskool:

  • Stellenbosch Universiteit 1992-1994
  • Koshuisrugby

Huidige beroep: TitanDC, finansiële dienste
Stokperdjies: Gholf
Belangrikste goed in my lewe: Familie & vriende
Swakheid/ “Soft spot”: Lekker kos en wyn
Lewensmotto: “Maak die meeste van elke dag.”

Johan Conradie

Portefeulje: Sosiaal/Pollas
Skoolagtergrond: 2005-2009; Rugby en krieket, Wiskunde tutor by Paul Roos Akademie
Naskool:

  • B.Rek gestudeer by die Universiteit van Stellenbosch.
  • Inwoner van Dagbreek koshuis.

Huidige beroep: Rekenmeester
Stokperdjies: Gholf
Belangrikste goed in my lewe: Familie en vriende