Edition / Uitgawe Jun 2020

Voorsittersverslag Junie 2020

Dear Old Boy

How quickly things can change!  The last Newsblog was written at the start of the Covid-19 crisis and no lockdown was yet in place.  At the time of writing this report, we just heard we can go to Level 3 and most of us can go back to work, but with strict rules.  A year full of plans turned into an annus horribiles. This year is a year of unchartered waters for each and everyone, but we will get through it.

Omrede daar onsekerheid is oor wat die toekoms inhou en massa-byeenkomste nog nie toelaatbaar is in die afsienbare toekoms nie, is die volgende geleenthede uitgestel tot verdere kennisgewing:

  • Massa-reünie
  • Captains’ Dinner
  • Pollas
  • Klasreünies
  • Gauteng-reünie / familiedag
  • Middagete vir senior Old Boys

Daar is mos die gesegde: “Die mens wik, maar God beskik”.

We decided to redraft the Old Boys Constitution for approval by the members and the Covid-19 is proving the right climate to do this. It was never deemed necessary to consider holding digital meetings or even an AGM, as an alternative to conducting it in a venue with a physical presence. More information on the proposed changes will be communicated soon.

Verder is dit prysenswaardig dat Polla Helderberg besluit het om kwesbares in hul gemeenskap met kospakkies te help. Bedrae van R150 en meer is geskenk en 275 kospakkies (vir vier persone) is opgemaak. Graag betuig ek groot waardering aan Buks Kotze (1982), Jean Pierre Badenhorst (1992) en Van Heerden Coetzee (1994) wat die projek bestuur het.  Hope & Light, waar Van Heerden se vrou , Micha,‘n maatskaplike werkster is, is as die welsynsorganisasie gebruik om die uitdeel ordelik te laat gebeur. Die mooiste van alles is dat hierdie optrede ander mense geïnspireer het om dieselfde in die Helderberg te doen. Klik hier om meer te lees: https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/paul-roos-se-oudskoliere-reik-uit-met-kospakkies-20200430

Francois Schoombee (1978) and Niel Roode (2010) of our  committee worked hard to get the ball rolling for Old Boys’ memorabilia, in association with Adidas, where Delin Erasmus (2009) helped them immensely. The items will only be available at the end of the year and they promise to be something you will be proud to wear.

Die skool gaan tans gebuk onder geweldige finansiële druk, as gevolg van die rippeleffek wat Covid-19 op die ekonomie het en die nuwe uitdagings van afstandonderrig. Daar is verskeie inisiatiewe van stapel gestuur om die leerders te ondersteun en ons sal dit waardeer indien enigeen, indien moontlik, die skool kan help.  Klik hier vir meer inligting:  www.paulroos.co.za/covid-19-donasies-donations/

Sterkte aan almal! Bly asseblief veilig en gesond.

Semper Splendidior

Vriendelike groete van jul Old Boys-komitee

Gustav Potgieter

Voorsitter
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za