Edition / Uitgawe Dec 2020

Lidmaatskap en ledegeld / membership and fees

Alle OSU-lede, hetsy betalend of nie-betalend, geniet dieselfde voorregte wanneer dit by reünies, dinees, sportdae, ensovoorts kom.

Betalende Driejaar- en Lewenslede verkry gratis toegang tot Markötter gedurende PRG-rugbywedstryde wanneer hul ledekaarte aan kaartjieverkopers en/of sekuriteitbeamptes getoon word.

Let wel, die  driejaarlidmaatskap is met ʼn jaar verleng tot Desember 2023 omrede daar geen sport vanjaar was waar die nuwe betaalde lede hulle lidmaatskapkaarte kon gebruik vir gratis toegang na PRG-rugby op Markötter en toegang tot maatskappye wat ons ledekaart ondersteun nie 100% operasioneel kan wees nie.

Lewenslede ontvang spesiale korting by hierdie kuierplekke en vleishandelaar wat plakker hierby mag vertoon:

Ander maatskappye is welkom om ook ondersteuners van lewenslede te word.

Lewenslede ontvang ook ʼn Old Boys-das en sertifikaat.

Betalende lede se ledefooie word aangewend om OSU-kantoorkostes te delg en word ook in beleggingsfondse gestort.

Ledefooie is oor die laaste klompie jare aangewend vir:

  • Opgradering van die LPR-vierkant.
  • Opgradering van die ou biblioteek na ʼn derde IT-lokaal.
  • Opgradering van die ou metaalwerkklas na die nuwe J.F. Marais Biblioteek.
  • Aankoop van woning in Paradyskloof vir verhuring aan ʼn PRG-personeellid en gesin.

Klik hier vir die aansoekvorm om Lewenslidmaatskap

Klik hier vir aansoekvorm om 3-jaarlidmaatskap