PRG herdenk tradisioneel in November die 26 Old Boys wat hul lewens vir hul land tydens die twee wêreldoorloë , die Grensoorlog en die Vryheidstryd afgelê het. Die reünie-groepe van 1954, 1955 en 1956 het as eregaste die verrigtinge bygewoon.

Die manne het agterna eers gesellig in die argief verkeer en toe middagete geniet:
Hooffoto: (Voor) Elza vd Walt (OSU-kantoor), Hennie Joubert en Pieter Rossouw; (Agter) George van der Westhuizen, Gustav Potgieter (OSU), Dirk van der Merwe, Attie Mostert, Mike Carinus, Jannie Engelbrecht, Niel Briërs, Kristo Stofberg, Stil-Jan Momberg en Kallie de Kock
