Reuben Byliefeldt is hierdie jaar in matriek en het sy hare saam met die res van die matrieks afgeskeer soos wat dit tradisioneel gedoen word.
Basil (Bakkies) Rabe (1956) is hierdie jaar al 65 jaar uit matriek en het uit solidariteit die hare met die hulp van Reuben ook laat waai (sien foto “Reuben en Bakkies”).
Marco Byliefeldt (2017) is nie so lank al uit die skool nie, maar as daar meegedoen kan word, dan word daar meegedoen …ook met Reuben se hulp. (Sien foto “Reuben en Marco”.)
Hoe pa Byliefeldt se hare verwyder is, is nie duidelik nie, maar op die laaste foto is dit duidelik dat hy ook ‘n trotse PRG-ondersteuner is en graag die tradisie saam met sy skoonpa en seuns eer.

Dankie aan Liezl Byliefeldt wat die foto’s met ons gedeel het.


