Edition / Uitgawe Jul 2021

Classic Gholfdag uitgestel

Die jaarlikse PRG Classic Gholfdag is vir ‘n tweede keer uitgestel, eers weens C-19 en toe weer as gevolg van ongure weervoorspellings. 

Ons bly egter hoopvol dat dit op Donderdag 21 Oktober 2021 by Stellenbosch Gholfklub gaan plaasvind. Derde keer dalk gelukkig! 

Ons is innig dankbaar teenoor die spelers en borge wat steeds geduldig is met die situasie. Ons sien uit na ‘n sonnige en feestelike gholfdag. Die veld is uitverkoop, hier en daar ‘n moontlike putjie vir borgskap. Belangstellendes kan vir Elza by die OSU-kantoor kontak, 021 883-8627 | oldboys@paulroos.co.za