Edition / Uitgawe Jul 2021

Nuwe J F Marais-mediasentrum aanwins vir skool en gemeenskap

René Walsh agter die dienstoonbank van die JF Marais-mediasentrum.

Die splinternuwe J F Marais-mediasentrum*, wat die ou skoolbiblioteek vervang, is pas ingerig en in gebruik geneem. Danksy die hulp van verskeie donateurs, is die lokaal waar die ou Metaalwerkkamer eens was, omvattend gerestoureer en ingerig om die nuwe sentrum te kan huisves.

According to René Walsh, head of the new centre, the purpose of the media centre is to form an integral part of the academic and cultural hub of the school that will offer valuable support and inspiration to all Paul Roosers.

In addition to the physical contents such as the extensive book collection, television monitors, virtual reality software and computers, it is the areas that include a large study area, media lounge, virtual reality room, workstations and the Portchie Arts Room that creates a whole new experience for learners.

The centre offers a range of services from academic support to academic and cultural activities and operational support.

The academic book collection will align with and support planned research tasks for the academic year and be expanded accordingly.

Die algemene boeke fokus op onderwerpe waarin seuns veral belang stel, soos fantasie, sport en bibliografieë.

In die Portchie-kamer word spesiale versamelings gehuisves, waaronder die James Thomas-versameling, en boeke wat onderwerpe dek van musiek, teater, die kunste tot klassieke kultuur. Die kamer is ook geskik vir groepsbesprekings, opleidingsessies, studiegroepe en spesiale vergaderings.

Die sentrum maak verder voorsiening vir ‘n wye reeks van interne en eksterne akademiese en kulturele aktiwiteite, waaronder navorsing vir akademiese take, naskoolse studies, skaaktoernooie en redenaarskompetisies.

Die gemeenskap sal ook toegang tot die sentrum kry, want sy gesellige “leeskamer-voorkoms” maak dit ideaal vir boekbekendstellings en -voorlesings, asook spesiale funksies en vergaderings en funksies tydens die jaarlikse Woordfees.

Volgens René is hulle besig om ’n omvattende versameling van boeke deur Old Boys aan te koop en uit te brei. As daar Old Boys is wat boeke deur en oor bekende Old Boys wil skenk, is hulle welkom om haar te kontak by rwalsh@paulroos.co.za

Smaakvolle interieur en interessante versamelings is ‘n groot trekpleister vir die nuwe mediasentrum. 

Naskrif: Die sentrum is vernoem na ‘n oud-rektor, J F (Koos) Marais, wat in 1897 as rektor aangestel is en in 1901 tragies op 34-jarige ouderdom by Rooiels verdrink het. Na sy dood is die eerste biblioteek by die skool na hom vernoem.

Hugo Truter