Herschel Jantjies (2014) het onlangs in die Daily Maverick geleentheid gekry om in sy eie woorde oor sy pa, Samuel Johannes Jacobus Jantjies, te vertel in die reeks onderhoude Lessons from my Father deur die opvoedkundige Steven Anderson.
Die artikel is onder die opskrif The Man With (Nearly) All the Answers geplaas.
Paul Roos Gimnasium speel ‘n prominente rol in die vertelling, veral wat sport betref en hoe dit deur Herschel se pa gebruik is om hom op die reguit paadjie te hou.
En hoewel die reeks fokus op die rol wat vaders en vaderskap in die lewe van bekende Suid-Afrikaners speel, verklap Herschel ‘n familie- en PRG-geheim oor die gevolge van sy ma se geesdriftige ondersteuning by een van sy rugbywedstryde.
Klik hier om die volledige artikel te lees

