Edition / Uitgawe Apr 2022

PRG Classic Ghofldag gewilder as ooit

Die jaarlikse PRG Classic Gholfdag, wat vir die sesde agtereenvolgende keer in samewerking met Lew Geffen/Sotheby’s Realty Internasionaal, aangebied is, bly een van die groot hoogtepunte op die OSU se kalender.

Vanjaar was geen uitsondering nie. Chris Cilliers en haar Sotheby’s-span het soos altyd op Donderdag 10 Maart die gholfspelers verwelkom met ‘n glasie MCC, hierdie jaar geborg deur Graham Beck.

Our sincerest gratitude to all the golfers, sponsors and donors. It was a fun-filled day with loads of treats.  A sincere thank you to Stellenbosch Golf Club for a superb golf course and running of this event and to Louis Destroo, our auctioneer!

Hartlik geluk aan die algehele wenners (84 punte), Ross Breedt, Walter Rauch, Louis Bekker en Logan Govender, wat elkeen weggestap het met ‘n Adidas-gholfsak.

Hier staan hulle van links: Louis Bekker, Walter Rauch, Ross Breedt met hul sakke by Chris Cilliers van Sotheby’s, Andre van Staden (rektor) en Nils Flaatten van die OSU. Afwesig: Logan Govender. 

Hartlik geluk aan Kobus Boshoff, wenner van die Heads & Tails eetbewys van Hussar Grill Stellenbosch. Kobus het ook sy 70ste verjaarsdag gevier. Baie geluk, Kobus!

Kliek hier vir ‘n fotobeeld van die dag.