Edition / Uitgawe Jul 2022

Helderberg-Polla behaal beste opkoms nog

Helderberg-Polla doen dit weer deur in Juniemaand die beste opkoms vir ‘n Polla aan te teken. Sowat tagtig Old Boys het by Laerskool De Hoop saamgekuier.

Groot dank aan Chris Theron (1991), Polla-portefeuljehouer op die OSU Uitvoerende komitee, Helgard Slabbert (1992) en Paul Benson (1990). Dit was absoluut uitstekend georganiseer.

Paul Benson (1992), een van die Helderberg Polla  koördineerders, Elza vd Walt (OSU), dr. Willie Theron (1960 en Rhodes-beurshouer) en  André van Staden (Rektor). Willie was die oudste Old Boy wat die Polla bygewoon het.

Rektor André van Staden het ons ingelig oor die welstand van PRG en wat dit verg in vandag se tyd om ‘n staatskool in stand te hou en te bestuur. Dale Good (1993) het gesels oor hoe waardevol tyd is en hoe wonderlik dit sal wees vir Old Boys om betrokke te raak by skoolprojekte. Groot dinge kan met ‘n spanpoging bereik word.