Edition / Uitgawe Jul 2022

Kry jou litte en skoene reg vir vanjaar se Lenteloop

Everybody, even family and friends of Old Boys, are invited to join the Spring Walk planned for Saturday 24 September. The organisers are considering using the Bergpad above Coetzenburg as the Assegaaibosch Nature Reserve has not yet been reopened after last year’s devastating veld fire. You don’t even have to do the whole thing! Just come and enjoy nature and contribute to nature awareness.

Vanjaar se Lenteloop word beplan vir Saterdagoggend 24 September. En dié dag kom al nader. Soos verlede keer berig: jy mag ‘n familielid, vriend, kollega of buurman saambring selfs al was hulle nie in PRG nie – deelname is oop vir enigeen wat daarvan hou om in die natuur te stap of dit 500m of 5km of wat ook al is. 

Aanstap 73ers, die pad is lank en swaar…

Aanvanklik was die plan om in die Assegaaibosch-reservaat te stap, maar tot op datum is die roetes nog nie weer oopgestel na verlede jaar se groot brand in die reservaat nie. Ons oorweeg dit tans sterk om die bergpad bo Coetzenburg te stap, welbekend aan alle Old Boys.  

Verskeie Old Boys beweer dat die roete van die 1970-Lenteloop juis die bergpad was.  Hulle kan egter nie stawende bewyse (foto’s, koerantberiggies) vir hul bewerings verskaf nie.  (Enkele persone, soos Pieter van Zyl, het nog die medalje wat hy in 1971 ontvang het, maar niemand kon nog ‘n stawende bewys lewer dat die 1971-Lenteloop wel die sirkelroete in Jonkershoek was nie.) 

Klas van 1973 se Pieter Oosthuizen, Michael Prins en Nols Heunis in Sosyskloof.

Diegene wat jare gelede die bergpad gestap (of gedraf) het, sal aangenaam verras word om die opgradering by die kleidam (deesdae bekend as die Ertjieskloofdam) en die aangrensende staproetes te sien wanneer hulle in September saamstap.

 Ons sal weer in samewerking met die skool boompies skenk en plant en hou julle voordurend op hoogte.

Intussen oefen die  1973-klas steeds kliphard. In Meimaand het hulle in Sosyskloof in Jonkershoek gaan stap.