Christian Sadie (2015), paralimpiese swemmer, het die eer gehad om saam met Bongi Msomi, kaptein van die Proteas-netbalspan, die draers van die Suid-Afrikaanse vlag by die opening van die Statebondspele in Birmingham, Engeland, te wees.
Christian het die land en sy alma mater verder trots gemaak deur in die 50m-vryslag (klas S7) ‘n bronsmedalje te verower.
Vroeër vanjaar het Christian in Madeira by die Paralimpiese swem-wêreldkampioenskap die silwermedalje in die 100m-borsslag (klas SB7) ingepalm.

