
Die Japie Krige-saal word as die hart van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch beskou en gaan ook die hooflokaal wees wanneer die familie Krige in Desember 2022 ‘n groot saamtrek hou om die aankoms van die stamvader meer as driehonderd jaar gelede te herdenk.
Hoekom is die saal na Japie Krige vernoem? Hy was 30 jaar lank die vise-hoof en 20 jaar lank inwonende koshuisvader wat duisende jong manne in toom moes hou. Hy was ‘n legende.
Vir die Krige Fees 300 sal daar uitstallings in die saal gebou word en gesprekke gehou word met bekende Kriges, soos die aktrise Alice en die Springbok-kaptein, Corné.
Vind meer uit by https://www.krigefamily.co.za/krige-fees-300
