Die tradisies en seremonie wat gepaard gegaan het met die afsterwe en begrafnis van Koningin Elizabeth II, laat ‘n mens wonder hoe protokol gehandhaaf is met die enkele koninklike besoeke aan Stellenbosch in die vorige eeu.
Een ding was egter seker: daar het ‘n hartlike ontvangs op koninklikes in die Eikestad gewag.
In 1925 het die destydse Prins van Wallis, wat later as Koning Edward VIII geabdikeer het, Stellenbosch op sy besoek aan Suid-Afrika aangedoen. ‘n Paul Rooser was die stadsvader wat hom op sy toer moes vergesel, die nimlike Japie Krige, wat uiteindelik adjunkrektor van die skool was.

In Die Krige Annale word die verhaal van hul ontmoeting as die volle waarheid oorvertel. “Hiervolgens sou oom Japie die Koninklike Hoogheid heel vertroulik aan die arm vat, hom vaderlik as ‘my boy’ aanspreek en in die verlangde rigting stuur. Die prins se persoonlike lyfwag het besorgd nader gestaan, maar oom Japie se gerusstellende styl en persoonlikheid het daarvoor gesorg dat niemand aanstoot geneem het oor die informele aanspreekwyse nie – die minste deur die Hoogheid homself!”


Op 20 Februarie 1947 het die koninklike gesin Stellenbosch en ook Coetzenburg onder meer besoek, waartydens die ander twee foto’s geneem is.
Met Koningin Elizabeth II se besoek aan Kaapstad in 1995 het Old Boy Niel du Bois (1973) as mediaskakelbeampte in die Presidensie nie net ‘n sleutelrol gespeel nie en op die koninklike jag Brittania ‘n skemerkelk bygewoon nie, maar ook ‘n oudiënsie met haar gekry toe hy moes intree om haar tydens ‘n uitstappie na die township Langa teen samedromming te beskerm.
Wat die oudiënsie betref, moes daar twee reëls nagekom word: jy praat net wanneer jy aangespreek word en jy mag niks oor die gesprek daarna rep nie.
Kliek hier om Niel se interessante vertelling op Facebook te lees.
Foto: THL Image Collection
Inligting verskaf deur Mariena Kotze van die Argief
