

Die Old Boys Meestersgholfkampioenskap se datum is vervroeg en vind nou op Donderdag 3 November 2022 plaas.
Die Old Boys Meestersgholfkampioenskap is ‘n eerste van sy soort en slegs vir PRG Old Boys. Dit word oor 27 putjies op Devonvale Gholfbaan gespeel. Die wenner ontvang die PRG Maroen-baadjie. Inskrywingsgeld beloop R500 per deelnemer.
Daar is ook ‘n twee ander geleenthede in die vierde kwartaal vir Old Boys wat graag vir ‘n goeie doel stokke swaai:
Gauteng Gholfdag

‘n Eerste Old Boys-gholfdag in Johannesburg – 27 Oktober 2022, op Blair Atholl Gholfbaan, “shotgun start” om 11:00, R1 050 per speler en sluit speelfooi, gholfkarretjie en halfweghuis in. Prysuitdelingsete rondom 18:00. Nie-gholfers kan die aandete saam geniet teen R200p.p.
Rugbykomitee Old Boys-gholfdag

10 November op Stellenbosch Gholfbaan, inskrywingsfooi en ander besonderhede is eersdaags beskikbaar.
