Edition / Uitgawe Dec 2022

Merk die datum vir die PRG Classic Gholfdag 2023

Die volgende PRG Classic Gholfdag vind plaas op Donderdag 9 Maart 2023 by die Stellenbosch Gholfklub.

As een van die hoogtepunte van die jaar, word dié geleentheid met die samewerking van Lew Geffen Sotheby’s International Realty aangebied. Daar is egter oorgenoeg geleentheid om as ‘n Old Boy, ouer, nuwe borg of jarelange vriend van Paul Roos Gimnasium betrokke te raak.

Volgens die organiseerders streef hulle daarna om dié geleentheid groter en beter vir almal se genot in die Paul Roos-kringe te maak.

Stellenbosch Gholfklub is ‘n bestemmingsbaan ryk aan natuurlike elemente vir puik gholf.