Edition / Uitgawe Apr 2023

Drie Gimmie-hoedens help betaal aan ‘n nuwe kriekettelbord

The 1996 Class found a unique way of raising funds for an electronic scoreboard at the Cricket Oval. Just look out for class mates who are “improperly” dressed at sports events…and hope they will play along. Other year groups are now challenged to come up with similar ideas.

Onlangs is ‘n paar 1996-manne, al drie ook Gimmie-ouers,  betrap met onbehoorlike “hooftooisels”. ‘n Paar van hul klasmaats het besluit om hulle te “straf” vir disrespek & disreputasie teenoor hul fantastiese skool se naam.
 
Boetes is gehef en vereffen deur die drie skuldiges.

Dink mooi alvorens jy ‘n ander skool se drag dra!

Die versoek is in ‘n baie goeie gees ontvang en tot nou is al R22 000 ingesamel vir die oprig van ‘n elektroniese krieketbord, waarvoor terloops nog geld benodig word.

Nou daag die 1996-manne ook  ander jaargroepe uit om ook ‘n bydrae te lewer vir die kriekettelbord wat nog aangebring gaan word.

Die 1996 manne op die foto: Pierre Rust (1996 hoofseun); Stephan Rossouw (1996 Prima Nova hoofseun) en Daniel Eigelaar (1996).

Inisiatief van Paul Schaefer