
Dit is lekker om te sien hoe tradisie gebou word. Op hierdie foto is daar sowat 30 nuwe Paul Roosers wat deur hul Old Boy-oupas, pa’s en/of broers vir hul eerste dag in graad 8 vergesel is. Ongelukkig het ons nie name nie. Dit sal hoog op prys gestel word as iemand ons daarmee kan help. Skakel vir Hugo Truter by 0832676750.
