Edition / Uitgawe Jun 2023

Helderberg Polla kry beste opkoms nog

Helderberg-Polla, as ‘n spanpoging deur alle Old Boys, doen dit weer deur die beste opkoms vir ‘n Polla aan te teken in Juniemaand. Sowat tagtig Old Boys het saamgekuier by De Hoop Laerskool.

Groot dank vir die uitstekende organisasie aan Chris Theron (1991), Helgard Slabbert (1992) en Polla-portefeuljehouer op die OSU Uitvoerende komitee,Paul Benson (1990).

Rektor André van Staden het gesels oor die welstand van PRG en wat dit verg in vandag se tyd om ‘n staatskool in stand te hou en te bestuur. Dale Good (1993) het gesels oor hoe waardevol tyd is en hoe wonderlik dit sal wees vir Old Boys om betrokke te raak by skoolprojekte, soos om die skool te verf as‘n spanpoging deur alle Old Boys

Sowat tagtig Old Boys in die omgewing van Helderberg het onlangs by die Laerskool De Hoop saamgekuier.
Paul Benson (1992), Elza vd Walt (OSU), dr Willie Theron (1960 en Rhodes-skolier), en rektor André van Staden. 

Willie Theron was die oudste Old Boy teenwoordig by die Polla.