Skaarser as hoendertande, dis wat die vier langspeelplate van 1906 is waarop die Springbokspan na Brittanje ‘n aantal opnames gemaak het tydens hul toer. Wat die plate nog meer versamelaarstatus gee, is dat dit blykbaar die eerste plate is waarop Afrikaans gebruik word.
Argivaris Mariena Kotze het hierdie artikel deur Con Groenewald in ‘n Huisgenoot van 31 Desember 1965 vir ons opgespoor. Lees self oor die inhoud van hierdie veteraanplate in Afrikaans en laat ons weet of julle van enigiemand weet wat hierdie plate besit. Self kon ons niks opspoor op die Internet nie en ook YouTube gee geen idee van hoe hierdie Springbokke gesing het op hul toer en selfs gedigte voorgedra het nie.


