Edition / Uitgawe Jun 2023

Polla Namibië trek saam in Windhoek

Na aanvanklike verwarring oor waar die Polla Namibië op 12 Junie byeen gekom het, kan ons bevestig dat dit in Windhoek was en wel in die Stellenbosch Tasting Room.  Eienaar Jean Engelbrecht (1984) het die geleentheid gereël en die wyn geskenk. Adjunk-rektor Frans van Niekerk was ook daar om die Stellenbosse konneksie te versterk. Kan daar ‘n beter kombinasie as Windhoek en Stellenbosch wees?

‘n Klompie van die manne wat daar was, is op ‘n kamera vasgevang. Op foto 1 staan van links Tiaan van Rooyen, Tiaan van der Westhuizen, Claud Bosch en Hennie Brandt.

Op foto 2 verskyn van links Hennie Brandt, Koos Brandt, Albie Basson en Hannes Pretorius.

Op die derde foto staan van links Phillip Coetzee, Mauritz Thirion en Andrie Swartz. Waar is Frans? Seker agter die kamera!