Edition / Uitgawe Jun 2023

Wanneer etikette meer sê as woorde

Oor die Klas van 1993 het ons vir lank nie ‘n reünieverslag ontvang nie, maar hierdie wynbottel in die Oudskoliere-Unie se kantoor het vir ons dalk meer as genoeg vertel. Dit het gelyk of dit smaakvol en kleurryk was!

Maar toe daag daar wel ‘n brokkie nuus op wat enige wanindrukke uit die weg geruim het. Tien van die twaalf lede van die destydse leerlingraad het die reünie bygewoon. Hulle was agter van links André Rossouw, Christo Kaufmann, Deon Krause, Hannes Loubser en Tjoep van den Heever; en voor sittende van links Kem Westdyk, Sean Falconer, Jacques Smit (hoofseun), Danie du Toit (onderhoofseun) en Carel Vosloo.

Die twee wat nie daar was nie, was André Theart en Vincent Durant