
Die 2008-jaargroep het oor die naweek van 4 tot 5 Augustus vir ‘n weer siens byeengekom. Hulle het met ligte verversings die Vrydag by die skool se Media-sentrum afgeskop, maar teen Saterdagaand is daar in die Markötter feestelik gekuier.
Rektor André van Staden het hulle hartlik verwelkom en onder leiding van onderwyser Dorfling Terblanche (2008), het hulle die PRG-kampus weer verken.

‘n Foto is by die Golden Gate geneem. Dit was hierdie jaargroep wat die Golden Gate laat oprig het en die geleentheid geskep het vir ‘n wonderlike tradisie.
