
Portchie, bekende Old Boy kunstenaar deesdae, minder bekend as Jan Hendrick Viljoen, het 60 geword vanjaar en dit gevier met een van die grootste kunuitstallings in die Stellenbosch-stadsaal in November.
Hiermee wou hy dankie se vir sy dorp waar hy al meer as dertig jaar woon. Die uitstalling was getiteld Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square en die binnekant van die stadsaal is herbou met tonele bekend aan sy skilderye, van reuse blou bome tot madeliefies. Kaartjieverkope vir die uitstalling het aan twee liefdadigheidsorganisasies gegaan op Stellenbosch, naamlik Huis Horison en Geluksoord.
Porthie het ook baie publisiteit vanjaar gekry. Klik op die onderstaande twee skakels na ‘n onderhoud en artikel oor hom:
