Edition / Uitgawe Apr 2024

Die toets van tyd deurstaan

Klasmaats van 1959 het op 12 en 13 Maart lekker saam gekuier op Leeuwenboschfontein en getoon dat skoolbande na 65 jaar nog sterk staan.

Onder die manne was daar ook eerstespanrugbyspelers.

Op die foto kan Boet Smit, Chris Joubert, Polla Roux en Len Goodchild gesien word en die vroue in die geselskap is Rina Erasmus, Annette de Klerk en Sassa Smit.

Ouderdomme is nie verskaf nie, maar ‘n vinnige berekening toon dat die manne tussen 83 en 84 jaar oud moet wees.