Adjunk-rektor Frans van Niekerk het met ‘n inspirerende boodskap by sy laaste saalbyeenkoms die tuig by Paul Roos Gimnasium neergelê. Ons plaas dit onveranderd:

Vandag, Woensdag 31 Januarie is amptelik die laaste dag van my 42 jaar onderwysloopbaan waarvan ek 35 jaar en 8 maande by Paul Roos betrokke was. Nou pak ek amptelik my nuwe beroep as pensioenaris aan.
Blykbaar is dit die gevaarlikste beroep in die wêreld. Niemand het dit nog ooit oorleef nie!
Dit is bekende praktyk dat net podium-wenners en top akademiese prestasies erkenning kry. Dit is reg so en ek salueer al daardie presteerders hetsy in akademie, sport of kultuur. Dit is julle wat die uitnemendheid bring.
But there are also the “everyday heroes” without which this school could not have reached the heights that it is currently occupying. It is them that I want to honour today.
All the hostel and ground staff. Before the first bell goes in the morning a hot breakfast awaits the hostel boys. After the last whistle blows and the crowds have left they are still there to tidy up. People, some of them getting up at three in the morning to start travelling to work. Leaving there families behind to tend to other people’s needs. I salute you.
To all my colleagues that went before me and those on the stage. You are my heroes. True to your calling even if it means that you have to put your scholar’s and player’s interest before those of your family. I salute you.
My helde is die Paul Rooser wat sopnat gereën my met ‘n vriendelike glimlag groet as hy deur die skool se hek stap terwyl dit nog donker is in die winter
Die Paul Rooser wat die regte ding doen, al is die verkeerde opsie die maklike opsie.
Die Paul Rooser wat nie by ‘n blikkie of papier verbystap nie omrede hy te trots is op sy skoolterrein.
Die Paul Rooser wat sy onderwyser en afrigter na ‘n klas of oefening gaan dankie sê.
Die Paul Rooser wat geen prys by die prysuitdeling ontvang nie, maar daar is om sy broer te ondersteun en aan te moedig om beter te doen.
Die Paul Rooser wat selfs sonder sy skooluniform as ‘n Paul Rooser geïdentifiseer kan word bloot op grond van sy gedrag en maniere.
To all these everyday heroes you have my respect. You are the next generation to carry the flame. I salute you.
Ek sluit af met ‘n paar bedankings:
- Die vier rektore en skoolbesture waaronder ek gedien het. Dankie vir jul vertroue in my gestel en daardeur al die geleenthede wat ek gekry het om as mens te ontwikkel.
- My kollegas met wie ek my tyd hier deurgebring het. Die onbesonge helde van Paul Roos Gimnasium. Niemand sal julle ooit na waarde kan skat nie, want hulle weet nie wat ons weet nie!
- Die oud-skoliere wat oor hierdie tydperk my pad gekruis het en hul ouers. Kwaliteit-mense wat my help vorm het. Dankie vir jul getroue ondersteuning en goeie guns wat ek en my familie oor ‘n tydperk van bykans 36 jaar ervaar het en nog daagliks ervaar.
- Die maroen-masjien hier voor my. Dankie dat ek een van julle kon wees. Hoe bevoorreg was ek nie om deel van hierdie magtige masjien te kon wees nie. Die toekoms van ons skool is in julle hande. Eien daardie verantwoordelikheid vir jou toe en streef elke dag daarna om net jou beste te gee. Julle is besig om die volgende hoofstuk in die geskiedenis van ons skool te skryf. Jul bydrae sal geken word aan wat julle geskryf het in die tyd wat julle hier was. Maak doodseker dat die skool ‘n beter skool is as die een wat julle kom kry het omdat julle hier was.
- Laastens maar die belangrikste wil ek dié een bedank wat alles moontlik gemaak het.Alles wat ek is en wat ek in my tyd hier vermag het, is net deur onverdiende genade bereik. Alle dank lof en eer aan my Hemelse Vader sonder wie se daaglikse leiding ek nie vandag hier kon staan nie.
Semper Splendidior!
