Edition / Uitgawe Oct 2024

Uitmuntende prestasie in die stryd teen Grey College

Daar gaan nog baie en lank gepraat word oor vanjaar se interskole-byeenkoms teen Grey College. Die Powerpoint-aanbieding by die skool se saalbyeenkoms op 21 Augustus sal ‘n goeie verwysingsbron wees wanneer ‘n mens meer besonderhede nodig het.

Daar is op 14 terreine meegeding: rugby, sokker, hokkie, tennis, gholf, waterpolo, skaak, muurbal, debat, debating, landloop, bergfietsry, e-sport, swem en tafeltennis. Van die altesame 84 kragmetings het PRG 67 gewen, 12 verloor en in 6 gelykop geëindig.

Herleef weer die glorie in die aanbieding.