Coenraad Calitz, wat 6 September 2024 in die ouderdom van 92 oorlede is, was nie self ‘n Old Boy van Paul Roos Gimnasium nie, maar het sewe seuns en twee kleinseuns gehad wat wel is.
Read more: Vader van vele Old Boys oorledeDie seuns is Andries (1976), Steun (1977), Tertius (1980), Hanno (1982), Werner(1986), Nico (2009) en James (2011). Die kleinseuns is Carel (2008) en Luca (2020).
Boonop was sy tweede vrou, Anita, jare lank departementshoof van fisiese wetenskap aan die skool en later ook in beheer van die laboratoriums.
Oom Coenie, wat ‘n lang loopbaan as dosent aan die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universteit van Stellenbosch gehad het, het die skool oor die instandhouding van geboue geadviseer.
By ‘n massa-reünie in 2016 om die skool se 150ste bestaansjaar te vier, is Coenraad Calitz deur die Old Boys met ‘n spesiale feesdas vereer.
By dié geleentheid het hy volgens ‘n berig op Netwerk24 gesê hy is nederig en dankbaar dat hy met al sy seuns en kleinseuns om een tafel te sit. Paul Roos Gimnasium het hom gehelp om vir sy seuns en kleinseuns waardes te leer. “Dit is ‘n skool uit een stuk!”
Lees die volledige berig hier.


