Edition / Uitgawe Dec 2024

Paul Roos Gimnasium goed verteenwoordig in hoëprestasie hokkiespan

Paul Roos Gimnasium is goed verteenwoordig in die groep van 41 spelers wat op 20 November aangewys is om deel van ‘n  hoëprestasie Suid-Afrikaanse span tevorm. Reuben Sendzul (Matriek 2024), en Old Boys Andrew Hobson (2016), Niel Raath (2019) en Hans Neethling (2020) is almal daar.

Die groep berei voor om Suid-Afrika te verteenwoordig by die FIH Nations Cup in 2025 en die Afrika-toernooi later, met die doel om te kwalifiseer vir die FIH Wêreldbeker in 2026. Dit is ‘n opwindende tyd vir Suid-Afrikaanse hokkie met ‘n mengsel van ervare spelers en nuwe talente wat deur die geledere kom!