
Die jaarlikse Klub 1000 potjiekoskompetisie op 1 Maart 2025 was weer ‘n groot sukses. Met 17 verskillende potjies in die wedloop, het spanne se kreatiwiteit gesorg vir ‘n strawwe kompetisie en smaaklike resultate. Kyk gerus na die grafika om te sien wie het gewen.
Dié geleentheid vorm ‘n integrale deel van Klub 1000 se fondsinsameling vir ad hoc-skoolprojekte, met alle opbrengste wat direk terugvloei na die skool. Klub 1000 is ook aktief betrokke by die Wynfees en die PRG Wynveiling, wat saam met die OSU en die PRG Handelsmerkbestuurskantoor aangebied word.
De Wet Viljoen het namens die organiseerders dank betuig teenoor die borge van die pryse, die ouers wat dit ‘n sukses gemaak het en Paul Roos Gimnasium wat die geleentheid moontlik gemaak het. Volgende jaar gaan hulle ‘n nog groter impak maak, sê hy.
Net om te herinner: Klub 1000 is meer as net ‘n fondsinsamelingsinisiatief. Dit skep ‘n ruimte waar nuwe ouers en Old Boys kan saamkom, en bied waardevolle netwerkvoordele vir al sy lede. Elke jaar sluit nuwe ouers by die skoolfamilie aan, en Klub 1000 help hulle om deel te word van die Paul Roos-ervaring—ongeag of hulle oud-leerders is of nie.
Hier voel geen nuwe ouer ooit uitgesluit nie. Van ‘n glas wyn saam met mede-ouers tot betrokkenheid by die skoliere se ontwikkeling, Klub 1000 bied ‘n unieke gemeenskap waar vriendskappe en bande gevorm word. Dit bring die beste van twee wêrelde saam!
Summary: The annual Klub 1000 potjiekos competition, held on March 1st, 2025, was another great success. With 17 diverse potjies competing, creativity and culinary skills were on full display. This event is a key fundraiser for school projects, ensuring all proceeds go directly to Paul Roos Gimnasium. Beyond fundraising, Klub 1000 fosters a strong community for new parents and Old Boys, offering networking and social engagement. The club ensures that everyone, regardless of their history with the school, feels included and connected. For more information, visit: https://paulroos.co.za/club-1000/
