Edition / Uitgawe Jun 2025

Maroen-Lenteloop 2025 (18 Oktober)

Vanjaar se PRG-OSU Lenteloop word beplan vir Saterdag 18 Oktober 2025 om 07:30.

Twee opsies gaan beskikbaar wees: Vir die fikse stappers wag die Swartboskloof-roete en die gemaklike Geelhout-roete dien as alternatief vir diegene wat nie kans sien vir ‘n meer veeleisende en langer stap nie.

Swartboskloof-roete: Dié 11,1 km lange sirkelroete word beskou as matig uitdagend en kos 3 en ‘n half uur om te voltooi. Dit bied pragtige uitsigte, ryk voëllewe en diverse fynbosplantegroei. Daar is plekke om waterbottels te hervul, maar sonskerm en ‘n hoed word aanbeveel weens blootstelling aan die son.

Geelhout-roete: Dié 3 km lange sirkelroete is ook matig uitdagend en neem ‘n raps meer as ‘n uur om te voltooi. Dit volg ‘n rivierloop, kruis strome en bied skaduryke areas. Daar is een klim van 185 meter, waarvandaan stappers panoramiese uitsigte kan geniet voordat hulle afdaal. Die roete is geskik vir gesinne, maar honde word nie toegelaat nie.

Enigeen is welkom. Ontbyt agterna by Aunt Sophie is vir eie koste.

Donasies is vrywillig vir inheemse boompies is vrywillig. Kontak oldboys2@paulroos.co.za vir meer inligting oor kostes.

Stof af daai stapskoene!