
Recently, a brochure was compiled to provide an overview of the Paul Roos 150 Trust, which is dedicated to preserving the school’s tradition of academic excellence for future generations. This is achieved through the consolidation of funds and the strategic financing of key infrastructure projects. The Board of Trustees oversees the fund with strict governance principles, including an annual audit. As a non-profit organization, the Trust is authorized to issue Section 18A tax certificates, offering donors valuable tax benefits.
In pursuit of its primary objectives—namely, the appointment and retention of top-tier educators, the provision of housing opportunities for teachers, particularly in light of Stellenbosch’s high property costs, and the continuous enhancement of academic infrastructure—the Paul Roos 150 Trust has funded an impressive portfolio of projects over the years. Click here for full details.
‘n Brosjure het onlangs verskyn om Old Boys en ander goedgunstiges ‘n oorsig te gee van die rol van die Paul Roos 150 Trust om die tradisie van akademiese uitnemendheid by Paul Roos Gimnasium vir toekomstige geslagte te verseker.
Die trust het voortgevloei uit die viering van die skool se 150-jarige bestaan in 2016, toe daar tot die besef gekom is dat die fondse wat daar toe bestaan het, gekonsolideer en geherstruktureer moet word een hoof-skenkingsfonds te vorm.
‘n Raad van Trustees bestuur die fonds volgens streng standaarde en beginsels,wat ‘n jaarlikse oudit insluit. As ‘n niewinsgewende organisasie, is die Trust bevoeg om vir alle skenkings, hetsy persoonlik, korporatief of testamentêr, ’n artikel18A-belastingsertifikaat uit te reik en kan dit van die skenker se belasbare inkomste afgetrek word. Deskundige advies is ook beskikbaar vir ingewikkelde bydraes soos trusts of in specie skenkings of verdelings.
Ondersteuning vir hierdie waardevolle inisiatief help om ‘n toekoms van akademiese uitnemendheid in Suid-Afrika te verseker. Die skool was vanaf sy ontstaan in 1866 ‘n baken van akademiese en institusionele uitnemendheid in Suid-Afrika en het ‘n merkwaardige impak op die land. Sy oud-leerlinge is leiers in verskeie sektore, en die skool is nie net ‘n trots van Stellenbosch nie, maar van Suid-Afrika as geheel.
Akademiese uitnemendheid word verseker met die aanstelling en behoud van hoëgehalte-onderwysers, die skep van behuisingsgeleenthede vir onderwysers, veral gegewe die hoë koste van behuising in Stellenbosch, en die instandhouding en verbetering van akademiese infrastruktuur, wat aldrie as die primêre doelwitte van die Paul Roos 150 Trust beskou word.
Die Trust het al ‘n beduidende bydrae tot infrastruktuurprojekte by die skool gelewer deur onder meer finansiering te bied vir:
- die installering van sentrale lugversorgingstelsels in klaskamers en administratiewe kantore;
- die opgradering van die skool se noodsaaklike kragopwekker vir kragvoorsiening in klaskamers, koshuise en ander PRG-fasiliteite;
- die bou van ’n behuisingskompleks vir onderwyspersoneel, die rektor se huisvesting en die aankoop van twee residensiële eiendomme in Die Boord waarin tot vier onderwysers met hul families kan woon;
- die vestiging van die Arnold van Wyk Musieksentrum;
- die vestiging van ‘n handelsmerkwinkel vir die skool;
- die opgadering en toerusting van alle wetenskapklaskamers en -laboratoriums in 2023;
- die versnelde verskaffing van aanlynleergeriewe om by te hou met die vinnige tempo van tegnologiese ontwikkeling;
- die opgradering van die skool se e-leergeriewe;
- die aankoop van instrumente om gratis formele trompet- en tromboonlesse aan talentvolle kinders in omliggende laerskole te bied;
- die vestiging van die Roosinbosch Kafeteria;
- die vergroting van twee klaskamers in die LPR-gebou en die toerusting daarvan met die nuutste tegnologie; en
- die indiensneming van ‘n berading-sielkundige om deur middel van groep- en individuele sessies leerders te help met onder meer studie-en eksamentegnieke, tydsbestuur, motivering en angstigheid, asook vir personeellede en ouers met ’n reeks tersaaklike kwessies.
Om akademiese uitnemendheid te handhaaf en die skool se reputasie as een van die mees gesogte seunskole in Suid-Afrika te behou, is daar ondersteuning en samewerking nodig van elkeen wat in die visie deel om standaarde te handhaaf en uit te bou.
Klik gerus hier om toegang tot die volledige dokument te kry.
