Edition / Uitgawe Aug 2015

Voorsittersboodskap / Chairman’s message August 2015

Oom Bob en Gustav
Die oudste Paul Roos Old Boy, Bob Sainsbury (101) by Gustav Potgieter, voorsitter van die Paul Roos Oudskoliere-unie.

Geagte Old Boy

Dit is al middel Augustus en die jaar snel ten einde. Sodra die Grey-naweek verby is, is dit al die pad afdraand en die matriekeksamen om die draai.

We held our inaugural Gauteng Dinner at the Waterkloof Golf Club on Thursday 6 August, 2015: a small and intimate get-together for Old Boys, ranging from the class of 1955 to the class of 2009, but certainly the beginning of greater things to come. A committee, representing members from different decades, was formed to help us promote the Old Boys’ activities in Gauteng.

Ons beoog om voortaan die Gauteng-dinee elke jaar in die eerste week van Augustus aan te bied. Maak solank ‘n aantekening daarvan sodat ons aanstaande jaar meer Old Boys byeen kan kry. Pieter du Toit (1997), nuusredakteur van Beeld, was ons gasspreker en het vir ons heelwat stof tot nadenke gegee. Dankie, Pieter!

A professional team was appointed by the Old Boys Committee to improve our formal communication channels. A news blog has been created containing stories that will be shared in four shortish digital newsletters throughout the year. Two more comprehensive printed versions will be compiled per annum. Veteran mediaman Hugo Truter (1974) will take care of this duty and the committee member responsible for newsletters is Francois Schoombee (1978).

Die gedrukte weergawe gaan weens koste en ander redes ‘n beperkte oplaag hê. Ons versoek julle dus om so ver moontlik die e-posroete te volg. Die moontlikhede wat die digitale inligtingsera vir ons bied, is enorm en daar kom daagliks meer by.

In this regard our oldest Old Boy, Uncle Bob Sainsbury, who celebrated his 101st birthday in 2015, is setting us all an excellent example. He is active on e-mail and the internet and we are waiting for his life story which will be published in the printed version of the newsletter as well.

Wat ‘n voorreg was dit nie vir my om met hierdie merkwaardige man kennis te maak nie. Hy is seker een van die weinige Old Boys wat ‘n eersterangse storie oor Oom Polla (Paul Roos) kan vertel. Blykbaar het die man na wie ons skool vernoem is, ‘n hoesie gehad wat baie soos die geproes van ‘n leeu geklink het. Wanneer seuns dit in die gange hoor aankom, het hulle hul sommer dadelik in hul skoolwerk verdiep.

Your committee is already hard at work planning the celebrations for next year, of which the Mass Reunion Dinner on Friday 26 February 2016 in the Paul Roos Centre certainly will be a highlight. We would like to have between 800 and 1000 Old Boys here to attend the 150th Anniversary Weekend.

Hou ons asseblief op die hoogte van enige nuus oor die doen en late van Old Boys, veral besondere prestasies, en ek hoor ook graag as julle voorstelle aan die hand wil doen.

Vriendelike groete/ Kind regards
Gustav Potgieter
Chairman/Voorsitter
Old Boys’ Union PRG
gustav@aurumtrust.co.za
083 3021525