Alle OSU-lede, hetsy betalend of nie-betalend, geniet dieselfde voorregte wanneer dit by reünies, dinees, sportdae, ensovoorts kom.
Betalende Jaarlede en Lewenslede verkry gratis toegang tot Markötter gedurende PRG-rugbywedstryde wanneer hul ledekaarte getoon word by kaartjieverkopers en/of sekuriteit.
Lewenslede ontvang ook ʼn Old Boys-das en sertifikaat.
Betalende lede se ledefooie word aangewend om OSU-kantoorkostes te delg en word ook in beleggingsfondse gestort.
