Agter: Helena Catharina (geb. 1888), ds. S.W. Pienaar en langs hom sy vrou, Sara Christina Roos (ouers van Schalk Pienaar, oud-skolier van 1932 en later bekende joernalis) en Gideon Daniël Roos (oud-skolier 1906, later doktor in fisika, ook ʼn rugby-Springbok, oorlede aan maagkoors in 1920).
Tweede ry: Johannes Daniël (Jan) (matriek 1902, later dominee), Sara Christina (gebore 1856) suster van Gideon Daniël langs haar (1852-1932, die pa van die Roose op die foto en bekend as Oom Gielie) dan sy vrou, Magdalena Catharina Paulina Roux (1860-1913). Langs haar sit Paul Johannes Roos (1880-1948, oud-skolier 1899 en vir 30 jaar rektor van hierdie skool en ook kaptein van die eerste Springbokke in 1906).
Voor: Tielman Johannes (1892-1952, oud-skolier 1910) en ná sy pa (Oom Gielie of Gideon Daniel 1852-1932) die volgende eienaar van Rust en Vrede, Maria Catharina (Miemie) (gebore 1897 later mev. Schulenburg ) en Hendrik Hendriksz Roos (1894-1965, skoolhoof op Wellington). Die vyf seuns van Gideon Daniël Roos van Rust en Vrede was dus almal hier op skool terwyl die drie dogters in Bloemhof was. Hy was destyds ʼn baie vooraanstaande inwoner van Stellenbosch wat in die skoolkomitees van beide skole gedien het.
Mariena Kotze
PRG Argief

