Geagte Old Boy
Dit is ons laaste nuusbrief vir 2017 en ʼn mens kan nie anders as om terug te kyk op die afgelope jaar en te wonder wat die toekoms inhou nie.
Vanjaar het ons van ‘n rektor afskeid geneem en ‘n nuwe een verwelkom: kan ‘n mens genoeg dankie sê vir mnr. Jannie van der Westhuizen vir sy reuse-bydrae oor tien jaar tot die ontwikkeling van ons alma mater? En wat kan ‘n mens nog doen om mnr. André van Staden en sy gade, Adia, meer tuis te laat voel? Hy het so vinnig deel van Paul Roos-gimnasium geword en ons glo ook hulle gaan diep spore hier trap.

On the sporting side, Old Boys kept the home fires burning: the Ayas 69 Old Boys team walked away with the honors in the Old Boys Touchies tournament and we were unbeaten in our golfing competitions against Paarl Boys High (draw) and Grey Bloem (winners). We kept our ascendency over the Bloem guys!
Next year we have three interschool golf games: Grey PE, Paarl Boys High and Grey Bloem. Please take a look at our calendar and book early.
A big thank you to our sponsors and donors:
- Annual golf day: Marelise Visagie from Lew Geffen Sotheby’s;
- Touchies: Kobus Potgieter (1981) from Outdoor Warehouse; and
- All the Old Boy winemakers for their generous donation of wines for our functions.
Die jaarlikse SASAA konferensie (South African Schools Alumni Association) is in Oktober in Sandton gehou. Ons afvaardiging het uit myself, Neville Rothman, Matt Daneel en Elza van der Walt bestaan. By dié geleentheid deel skole van regoor die land inligting en idees om hul alumni-sake beter en meer effektief te bestuur. Die groot voordeel van hierdie konferensies is dat die wiel nie weer uitgevind hoef te word nie en ons by mekaar kan leer… om nie te praat van die nuwe vriendskappe wat gesmee word nie.
Daar is ook ‘n subkomitee vir rugby op die been gebring om die skool te help waar hulp benodig word, met Francois Schoombee (1978) aan die stuur. Ons vra julle asseblief om hulle met hul geldinsamelingsveldtogte te ondersteun.
On the cards for 2018 is a first: a London reunion of Old Boys on 5 July 2018 at the offices of Stonehage Fleming in central London. We urge all Old Boys in Europe to try and attend and meet our new rector, Mr Van Staden. Thanks to Giuseppe Ciucci (1981), for kindly sponsoring this event. If there are more suggestions for events like this, please contact us.
Baie geluk aan al ons Old Boys wat uitstekend op soveel gebiede gevaar het, hetsy akademies, sport, kultureel of ander. Ons dink ook aan die families van die Old Boys wat ons vanjaar afgestaan het aan die dood en bid hul sterkte toe, veral oor die feestyd.
The sales of the 150 festival wine, unthinkably, lag and we call on everybody during this festive time to make use of our special offer on all bottles. This wine was made from Cabernet Sauvignon supplied by Old Boy winemakers and is not only of an exceptional quality but also will age well. At the time of writing this report, the Splendidior 150 was awarded a 4-star John Platter rating with the following comment: “Silky smooth body, a long life ahead. Splendid indeed!”
Met Kersfees net om die draai is daar ʼn paar dinge wat die komitees in ons Kerskous vir 2018 wil sien:
- ʼn suksesvolle Old Boys-gholfdag, waarmee ons voldoende fondse vir ons kantooruitgawes wil insamel;
- minstens 300 Old Boys by ons massa-reünie/dinee, maar ʼn opkoms van 500 of meer sal uitstekend wees;
- ‘n geslaagde Londen-reünie op 5 Julie 2018;
- ‘n Hergestruktureerde Gauteng-byeenkoms wat middagete vir die meer “senior” Old Boys gaan bied en vir die ander iets later;
- ‘n groter Touchies-toernooi, met meer borge en mag ʼn Old Boys-span weer wen!
- om as oorwinnaars in al drie Old Boys-gholfwedstryde teen Grey PE, Boishaai en Grey Bloem uit te tree; en
- ‘n goeie jaar vir ons alma mater in alle opsigte!
Dankie aan almal wat vanjaar in die komitee dien en gedien het en bereid was om hul tyd so onbaatsugtig aan die OSU af te staan, en spesiaal aan Elza vir haar puik werk.
Jul komitee wens almal ʼn baie geseënde Kersfees en ʼn baie voorspoedige 2018 toe. Indien jul weggaan van die huis, reis asseblief veilig. Laat die beste van 2017 die slegste van 2018 wees!
Vriendelike groete
Gustav Potgieter
Chairman/Voorsitter
083 3021525
gustav@aurumtrust.co.za
