’n Hoogtepunt op enige skool se kalender is wanneer die nuwe leerlingraad en hoofleiers aangekondig word. Vir ’n tradisieryke skool soos Paul Roos Gimnasium dui dit op oorgang en ook voortsetting. Ons wens hierdie nuwe span alles van die beste toe.

Die leerlingraad vir 2018/19 bestaan uit Thomas Winter, Christopher Changfoot, Aidan Day, Gerhard Cloete (onderhoofseun), Chris Albertyn (hoofseun), Ronin Daniels (onderhoofseun), Alex Schliemann, Andre Smit en Jan-Hendrik La Cock; (middel) Tristan Moses, Neels Rossouw, Shelton Ngomakapile, Mfundo Mashiya, Alef da Silva en Kade Wolhuter; en (agter) Francois du Toit, Victor Mandishaya, Malan Truter, Paul Ellis en Christian de Kock.

Op die foto hierbo verskyn die hoofleiers van 2018/19, naamlik Robin Daniels (onderhoofseun), Chris Albertyn (hoofseun) en Gerhard Cloete (onderhoofseun).
Foto’s: Renette Stofberg
