#mustenjoywine
Paul Roos Gimnasium kan hom nie die weelde veroorloof om sy jaarlikse tariefverhogings tot 0% te beperk nie, maar met die hulp van die Old Boys kan ‘n paar bykomende inkomstekraantjies geskep word om die omvang van verhogings te beperk en akademiese uitnemendheid te verseker.
Die Splendidior-wynprojek is een waarmee ons op ‘n plesierige manier dié uitdaging te bowe kan kom en hopelik sal die #mustenjoywine veldtog groot aftrek onder ons lede kry.
Hierdie unieke versamelaarswyn, ‘n Cabernet Sauvignon-versnit wat uitstekend gaan verouder, is deur twaalf Old Boys van wyn afkomstig van 12 landgoedere gemaak.
As jy dit nie self wil geniet nie, sal dit ‘n uitstekende geskenk vir jou beste vriende wees. Maak gebruik van ons spesiale Kersaanbod!
Gedenkboek vaar goed in kompetisie!
Ons gedenkboek is in ‘n kompetisie van die SA Publikasieforum as die beste eenmalige publikasie van die jaar 2015 aangewys. Hy het ook sertifikate ontvang vir uitmuntende ontwerp asook vir skryfwerk en kommunikasie en was in albei afdelings ‘n finalis. Die PRG 150 publikasie is ingeskryf deur sy uitgewer, Tip Africa, wat ook pryse vir van sy ander publikasies gewen het.
The SA Publication Forum is committed to improving and promoting corporate publications in South Africa. Through the forum, publication practitioners get together to network and share ideas. The main activities of the forum are the annual Corporate Publication Competition and training opportunities in the form of training courses, workshops and seminars. More information can be found here.

Spring gou vir ‘n feesdas!
Daar is nog ‘n beperkte aantal 150 feesdasse beskikbaar teen R250 elk. Bestel asseblief by Elza by oldboys@prg.wcape.school.za.

