Edition / Uitgawe Mar 2019

Voorsittersboodskap / Chairman’s Message

Geagte Old Boy,

Die nuwe jaar het op ’n drafstap begin en dinge gebeur sommer vinnig.

Ons amptelike fondsinsameling vir die bedryfskostes van die OSU-kantoor is afgehandel met die Paul Roos Classic gholfdag (kliek hier vir foto’s van die gholfdag).

Wat ’n sukses was dit nie! Ons het ons doelwit bereik in terme van die fondse wat ons wou insamel en alles is te danke aan die volgende persone: Lew Geffen Sotheby’s se Marelise Visagie as hoofborg, die grootste aantal spelers (144) tot nou toe, al die ander borge, donateurs en natuurlik Tokkas van Heerden (1983) se bydrae as afslaer. Die feit dat ons meer geld ingesamel het, bring mee dat ons meer vir ons Old Boys kan doen , soos die jaarlikse middagete vir die senior Old Boys wat deur die OSU geborg word.

Mnr André van Staden, Marelise Visagie en Gustav Potgieter (1981)

Our next big event is the Mass Reunion & AGM, on Friday 17 May, on the evening before the Paarl Gym game. We are trying to encourage reunion groups to have their reunions over this specific weekend in order for the school and the OBU to offer an all-over better experience for all attending. The following reunion groups are celebrating their reunions during that weekend: 1969, 1974, 1979, 1994 & 1999. We truly hope that with this arrangement we can increase the number of Old Boys attending the mass reunion to around 500 people, as was the case with the 150-mass reunion in 2016.

In ons strewe om meer te bied aan ons Old Boys-gemeenskap, het ons besluit om informele streeksfunksies op ’n gereelde basis te begin hou. Chris Theron (1991) is in beheer van hierdie taak en hy is besig om streeksleiers op te spoor. Indien jy kans sien om die takie namens ons in jou streek te doen, kontak hom gerus. Die idee is om een keer per maand informeel bymekaar te kom en net te kuier en te gesels. Die amptelike naam van die funksie  sal binnekort bekend wees, maar Pollas en Sempers is tans in die hoed.

During the World Schools Festival there will be a match featuring an Old Boys team. Thanks to Riaan Cilliers (1982) who will coach the team and Du Toit Serdyn (1999) the convenor. Your support on 30 March at Markötter will be greatly appreciated.

Daar is ’n paar interessante gesellighede op vanjaar se kalender:

  • Bymekaarkoms op 13 April vir al die Old Boys voor die wedstryde teen Grey PE in Port Elizabeth;
  • Londen-reünie op 4 Julie in Sentraal-Londen; en die
  • Interskole-dinee voor die wedstryd teen Grey Bloemfontein op Donderdag 15 Augustus in die PRG-Sentrum.

We also welcomed Niel Roode who was co-opted into the committee to take care of the social media and marketing portfolio. Thanks for your willingness to serve.

May you all have a blessed Easter and please travel safe.

Gustav Potgieter

Chairman/Voorsitter

gustav@aurumtrust.co.za
083 3021525