Edition / Uitgawe Nov 2015

Om so te Jolla Bolla kos harde werk!

holla bolla
Paul Roosers vier hul oorwinning oor Grey met een van die grootste Jolla Bollas in jare. Foto: Lize Rossouw.

Was jy daar?

Paul Roosers vier hier hul oorwinning oor Grey Kollege op Saterdag 22 Augustus 2015 met een van die grootste Jolla Bollas in jare. Dit het nie sommer uit die lug geval nie en in hierdie uitgawe van ons nuusblog vertel die hoofafrigter Hein Kriek hoe daar al van o14 dae aan hierdie span gebou is en dat afrigting van die eerste span reeds in Oktober verlede jaar begin het. Saam met al die ander interessante stories is hierdie uitgawe fassinerende leesstof.