Uitsonderlike dinge by ‘n uitsonderlike skool
Geagte Old Boy
Die jaar lê amper op sy rug en almal haas hulle om hul laaste verpligtinge af te handel, terwyl die matrieks al besig is om seker die belangrikste eksamen van hul lewens te skryf. Ons wens hulle sterkte toe en glo ons gaan op elkeen trots wees.
By ons matriekfunksie is 31 nuwe lewenslede en 8 matrieklede as volopbetaalde lede van die Paul Roos Oudskoliere-Unie verwelkom. Die komitee het ‘n paar jaar gelede besluit om die gebruiklike boerewors “roll” en sappie te vervang met ‘n Graad 8- en Graad 12-foto van die klas. Vir hulle is dit ‘n goeie aandenking en vir ons was die gelag en gespot van die matrieks iets om te aanskou!
Jan Scannell (1998), beter bekend as Jan Braai, was die spreker en het die matrieks met sy spitsvondigheid en droë sin vir humor geboei. Sy vergelyking van ‘n skooloopbaan en die lewe daarna was baie goed. Hy het vir die matrieks gesê dat indien die lewe soos ‘n skoolweek lyk, is hulle nou pas klaar met Maandag se saalbyeenkoms. Jan, baie dankie vir jou wonderlike boodskap.
Once again I want to urge each and every-one to attend the mass re-union during the last weekend of February 2016. This unique event will formally close the activities of our school’s 150 year celebrations. What’s more, is that the Stormers especially adjusted their programme to suit us and will play the Bulls at Newlands on that Saturday (just joking!).
Some classes have their own re-unions over that weekend to coincide with the festival programme (which is included in this newsletter) and already booked tables. Do your best to be there, which will be a first for Paul Roos.
Soos die meeste van julle weet, het die Old Boys-komitee twee groot projekte aangepak om die Paul Roos 150-Trust te ondersteun. Die eerste was die duiweveiling, wat gereël is deur Tokkas van Heerden (1983) en die hoogs bekwame span van Karoo Vleisboere van Victoria-Wes. Dit was nie net ‘n heerlike sosiale geleentheid nie, maar ons kon ook R460 000 aan die Trust skenk. Dankie vir almal se bydraes.
The other project is the Splendidior 150 wine of excellence. We hope to have a good return on this liquid investment as the wine is excellent and the bigger bottles will undoubtedly become a collector’s items. I still have my 125 and 2000 magnums! All the bottles are embossed with a sandblasted logo and comes packaged in a wooden box, except the few 750 ml bottles left. Order forms are available in the newsletter.
Paul Roos en Grey se oud-skoliere het weer mekaar op die gholfbaan aangevat in Augustus en Paul Roos het ook daar geseëvier. Die opbrengs van die dag, soos besluit by die stigtingsvergadering van die toernooi, moet gebruik word om ‘n behoeftige leerder te help om ‘n uitsonderlike skool by te woon. ‘n Leerder van Paul Roos is vir die eerste twee jaar gehelp, maar na voltooiing van sy skoolloopbaan, is dit ‘n Grey-skolier wat bygestaan gaan word. In 2017 kom ‘n Paul Roos-leerder weer aan die beurt.
Ons volgende nuusbrief is vroeg in die nuwe jaar. Daarom wil ek julle en jul naasbestaandes ‘n geseënde en veilige feesseisoen toewens. Vir diegene wat gaan vakansie hou, reis veilig en keer uitgerus terug vir die opwindende eerste deel van 2016.
Semper Splendidior!
Gustav Potgieter
Voorsitter: Paul Roos Oudskoliere-Unie
gustav@aurumtrust.co.za
083 302 1525
