By putting the pieces of a puzzle together – a poem in the School’s Annual of 1929, an article in a Matieland of 1988, and old archived photo’s – PRG Archivist Mariena Kotze not only uncovers the history of Victoria Street’s tree lining, but also gains insight into the interesting life of gifted Old Boy Gus Cluver (1910 – 2001).
In die skool se jaarblad van 1929 skryf ene A.D.C. die volgende gedig:
The mighty trees that used to be
They stood as some proud sentinels
Through many a winter night,
They fringed the scholar’s road to school
In all their rigid might.
They told to foreign people
The age that years had made
Upon our ancient village
The truth: their lengthy shade.
But how as faithful followers
At last they met their fate.
I hear them groan each passing hour
No longer may they wait.
For here no Washington resides
To stay the eager hand.
Nay, they must fall for they are doomed
What tyrant rules this land?
The workmen pull the ropes drawn tight
The tree groans long and loud
And with a crush, meets earth and death.
Amid a cheering ground!
O lover of all nature,
Lament and weep with me
For the mighty gums of yesterday
Are things that used to be.
The haughty heads that once looked up
To sun and moon and stars,
Are marred with dirt and dust and mud,
Lie dead with telling scars.
Hast ever seen a warrior
A gallant knight of old,
Fall to a flying javelin
And dying, brave and bold?
Come hither, weep, o fellowmen,
For God’s great trees do fall
While passers-by cast but an eye
And say: “That tree was tall!”
Ah! The foliage now shall wither,
Its twigs must droop and die,
Where men have purple velvet shrouds,
These trees will have the sky.
Uit die foto van die 1929-redaksie van die jaarblad blyk dit dat A.D.C. niemand anders is nie as August de Villiers Cluver, beter bekend as Gus, en aangedui as die sekretaris van die jaarblad.
Hierdie ode waarin hy die afkap van Victoriastraat se bloekomlaning betreur, maak eers ’n paar maande later vir my sin toe ek in die Matieland van April 1988 ’n artikel deur die einste Gus Cluver ontdek onder die opskrif: Hoe Victoriastraat sy mooi boomlaning gekry het.
Dat daar eens ’n bloekomlaning in Victoriastraat was, word duidelik bewys deur ’n foto van die Hoër Jongenskool Stellenbosch oftewel Stellenbosch Boys’ High School wat in die 1920’s geneem is. Die skoolgebou was toe in Victoriastraat en dit was hier waar Paul Roos 30 jaar lank die rektor was. Tans huisves dit die Departement Visuele Kunste van die US.
Die reuse-bloekomboom voor Wilgenhof is in 1860 geplant en dus wonder ’n mens of die afgekapte bome ook deel van 1860 se aanplanting was. Gus vertel in sy artikel dat hulle aan die bopunt van Victoriastraat gewoon het en dat hy elke dag op pad skool toe verby hierdie bloekombome geloop het.
In 1934 het ’n tweede boomlaning in Victoriastraat onstaan toe plataanbome (Platanus acerifolia, ook bekend as die Londense plataan) op aanbeveling van prof. JT Morrison aangeplant is. Ook dit kan fotografies bevestig word, want op ’n ander foto wat ek by US se argief opgespoor het, kan duidelik klein onlangs geplante plataanboompies gesien word. Hierdie foto is in ongeveer 1934 of 1935 geneem, want die Admin B-gebou, wat in 1932 gebou is en die Huishoudkunde-gebou (1933) verskyn daarop.
Gus Cluver was ’n interessante mens. In sy studentejare was hy die dirigent tydens Intervarsity. Hy begin sy joernalistieke loopbaan in 1937 as misdaadverslaggewer by Die Transvaler. Later werk hy ook by Die Vaderland en by Die Burger. In 1955 keer hy terug na Die Transvaler.
Sy veelsydigheid blyk ook uit sy betrokkenheid by die maak van Afrikaanse films, soos Donker Spore. In 1967 het hy die draaiboek geskryf van die Afrikaanse film In die Lente van ons Liefde, wat oor die studentelewe op Stellenbosch handel.
As joernalis ontvang hy in 1986 ’n medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Hy was die seun van Paul Dietrich Cluver (1870-1944) van Stellenbosch. Gus se seun, August Cluver, is ook ’n bekende taalkundige.
Gus sterf op 15 September 2001 in die ouderdom van 92 in Pretoria. Hy is op 4 Julie 1910 op Stellenbosch gebore. Sy versameling foto’s het hy aan die US Biblioteek bemaak.
Mariena Kotze, PRG Argief
