Edition / Uitgawe Sep 2019

PRG lewer meeste Springbokke op vir Wêreldbekergroep

Braam Steyn speel vir Italië.

Paul Roos Gimnasium is die skool wat die meeste Springbokke opgelewer het vir vanjaar se Wêreldbekergroep en het selfs ook in ander groepe verteenwoordiging.

Voëls van eenderse vere: Steven Kitshoff, Schalk Brits, Herschell Jantjies en Willie le Roux is almal Old Boys.

Old Boys Willie le Roux (2007), Schalk Brits (1999), Herschel Jantjies (2014) en Steven Kitshoff (2010) (op die foto) sal vir die Springbokke uitdraf, terwyl Braam Steyn (2010) vir Italië sal speel.

Dit is die meeste Old Boys wat Paul Roos tot nou by ‘n Rugby Wereldbeker-toernooi gehad het.

In Augustus het Schalk Brits ook die 63ste Springbokkaptein geword teen Australië op Loftus. In die proses word hy Paul Roos se vierde Springbokkaptein, en die eerste een sedert 1928 toe Old Boy Phil Mostert (1921) die Springbokke teen die All Blacks aangevoer het. Die ander kapteins was Paul Roos in 1906 en PK Albertyn in 1924.