Edition / Uitgawe Sep 2019

Voorsitter, Kantoorbestuurder by SASAA-Konferensie

Gustav Potgieter, voorsitter van die Oudskoliere-unie, en Elza van der Walt, kantoorbestuurder, het die jaarlikse SASAA- konferensie (South African Schools Alumni Association) van 12 tot 14 September 2019 by Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein bygewoon, met al die sosiale aktiwiteite by Grey-Kollege.

Gustav berig die geleentheid was kleiner as gewoonlik, maar daar was steeds meer as 30 skole vanoor die hele Suid-Afrika asook van Botswana deur sowat 60 afgevaardigdes verteenwoordig.

Volgens Gustav kon daar nie net baie by die talle puik sprekers geleer word nie, maar hy het ook gevoel dat Paul Roos Gimnasium Old Boys een van die leidende oud- skoliere unies in die land is en as sulks gerespekteer word.

Dit was wonderlik om oor drie dae inligting te deel en in te win, ou vriendskapsbande weer te hervat en nuwe vriendskappe te smee, vertel Gustav.

Hy het ‘n besonderse woord van dank aan Eunice vir al die puik reëlings gerig.