Edition / Uitgawe Nov 2019

Emile Joubert skryf glansboek oor historiese Kanonkop

Uit die pen van Old Boy Emile Joubert (1980), bekende joernalis en wynskrywer, het pas ʼn boek oor die wynplaas Kanonkop verskyn. Die Krige-familie wat Kanonkop besit, het ook sterk bande met Paul Roos Gimnasium.

Kliek hier vir Danie Keet, redakteur van Eikestadnuus, se artikel oor die boek en die bekendstelling. In Emile se woorde is “die aanslag van die boek gemaklik, warm en op die man af. Ek en die Kriges het van die begin af gesê dit is nie ʼn glansadvertensie-skrywery nie. Die mense praat hul eie woorde en daar word gepoog om te toon dat Paul Sauer se visie en verbintenis tot grond, wingerd en wyn grootliks verantwoordelik is vir die posisie waarin Kanonkop hom vandag bevind.”