ANDRÉ VAN STADEN, Rector of PRG, reports that amazing progress was made with the implementation of the Five Year Plan for the development and maintenance of the school’s campus since its adoption in July 2018. The vision is to ensure that the school remains a world class institution for future generations. So far 26 of the envisaged 30 projects have been completed. What an achievement!
Although to the naked eye the Paul Roos Gymnasium’s campus is magnificent, ongoing work is needed to preserve its historic buildings and new facilities must be developed to remain current and progressive. It is up to this generation to extend and enhance this beautiful school, ensuring it remains a world class institution, for future generations.
By die aanvang van my ampstermyn het ek gevoel dat daar indringend gekyk moet word na die skool se infrastruktuur ten einde ons ryk geskiedenis en tradisie te ondersteun. Teen die einde van 2017 het ons onder die leiding van Francois Malan, die hoof van Infrastruktuur op die PRG-beheerliggaam, en in samewerking met Edwin Swanepoel van TV3 begin werk aan die Paul Roos Gimnasium-meesterplan.
Ons sal Edwin en Francois nooit genoeg kan bedank vir die baie ure wat hulle aan die ontwerp van die meesterplan gewy het nie. Op 5 Julie 2018 het Edwin Swanepoel die indrukwekkende volledige PRG-meesterplan aan ons oorhandig. Ek glo ons het ‘n meesterplan vir die kampus ontvang waarvan ons die volle waarde eers in die toekoms sal besef.
The master plan is a blue print for the future, but is definitely not cast in stone.
Die meesterplan se doelwit is om die momentum van uitnemendheid by Paul Roos Gimnasium met die regte infrastruktuur te ondersteun.
In 2018 is reeds die volgende bereik:
- Die Welgevallen-gebou, die Oud-Skoliere-kantoor en Tegnologie-sentrum asook alle gange is geverf.
- Fase 1 van die opgradering van die koshuis is met die oordoen van 48 beddens voltooi.
- Our tennis courts were resurfaced and the lights were installed on four of our tennis courts.
2019 was ‘n buitengewone jaar vir doelwitbereiking:
- Ons het vier nuwe ereborde in die hoofgebou aangebring om erkenning te gee aan die prestasies van Old Boys en huidige leerders.
- Die Vrydagoggend van ons 2019 reünie-naweek het ons twee nuwe ereborde in die hoofgebou onthul:
- Die US-Kanseliersmedaljebord om erkenning te gee aan die 13 Paul Roosers wat die US-kanseliersmedalje ontvang het; en
- Die US-Eredoktorandibord om erkenning te gee aan die 26 Paul Roosers wat US Eredoktorsgrade ontvang het.
- ‘n Kultuurerebord is in gebruik geneem om erkenning te gee aan huidige Paul Roosers wat op nasionale vlak kultuurtoekennings ontvang het.
- We painted the Main Building, the Markötter Complex and the Japie Krige Hall and Complex.
- We sunk a new bore hole at Markötter Sport Stadium.
- Fase 2 van die opgradering van die koshuise is voltooi. Dit behels ‘n nuwe groot ontspanningslokaal by Nova, die bou van nuwe akkommodasie by Nova vir agt assistente, en die omskepping van die assistente se ou kamers in koshuiskamers, wat bykomende koshuisbeddens beskikbaar gestel het.
- Altesame 31 beddens is by Nova oorgedoen.
- A new gymnasium was built by SAS at the Markötter, attached to the Indoor Sports Centre. A new set of changing rooms and toilet facilities was also built on the Bloemhof side of the Markötter. This project was also funded by SAS.
- With the help of Club 1000 we upgraded the matric grounds.
- Met die hulp van die Oudskoliere-unie is die LPR-vierkant opgegradeer.
- A new Rector’s residence was built, made possible by an interest free loan by the PRG 150 Trust.
- Die fietsloods is oorgedoen en opgradeer.
- Die PRG-handelsmerkwinkel, Splendidior, is gevestig. Die “brand shop” word deur De Jagers bedryf. The goal is that the PRG Brand Shop will be the sole supplier of Paul Roos uniform and brand items.
- Roosinbosch is opgradeer tot ‘n moderne kafeteria/koffiewinkel en word deur Red Pepper Catering en Cape Crusade bedryf. The venue will also be used for master classes and as a study venue in the afternoons.
Laasgenoemde twee projekte, Roosinbosch en Splendidior, is moontlik gemaak deur ‘n rentevrye lening van die PRG 150 Trust.
2020
Ons het ten spyte van die druk wat Corona op ons finansies geplaas het, goeie vordering met die implementering van die Paul Roos-kampus-meesterplan gemaak.
- Phase 3 of the Hostel Project is underway. This entail the renovation of the last seven rooms on the ground floor of Nova and the fourteen beds on the Grade 9 Corridor of Prima, as well as the upgrading of all 250 beds. As we acquire more funds, we will continue with the upgrading project of the hostels.
- In samewerking met die US en SAS beplan ons ‘n binnenshuise krieketfasiliteit by ons Krieketovaal.
- We established a third IT Centre to accommodate more learners offering Computer Applications Technology as a subject. We are grateful to the Old Boys’ Committee who assisted us financially with this project. In the process the library had to be closed with the intent to relocate it to a more accessible position and with a new focus.
- Die sonkragprojek is ook voltooi. Ons glo dit sal op die langtermyn baie voordele inhou. Die projek finansier homself.
- Op Maandag 2 Maart, die dag van ons 154ste verjaardagvieringe, het ons amptelike blouplaakstatus van die Stellenbosch Erfenisstigting ontvang. ‘n Spesiale geleentheid is gereël vir die onthulling van die Stellenbosch Erfenis Stigting Blou Plaak op ons drie pragtige historiese geboue: die Hoofgebou, die Japie Krigesaal en die Laerskool Paul Roos-gebou, alombekend as die LPR.
- With regards to our ongoing branding project on our campus, we would like to thank Club 1000 for sponsoring the branding done at the main entrance of the school, on the corner of Piet Retief Street and at the Markötter Complex and gate.
- Fase 4 van die koshuisopgraderingsprojek gaan voort. Dit behels die opgradering van Nova se oorblywende 45 kamers, wat soos fondse beskikbaar raak een vir een aangepak word. Groot dank aan almal wat finansieel bydra. Ook die eetsaal het aandag gekry om etenstye ‘n aangename ervaring te maak vir ons kosgangers.
- We painted both hostels.
- Voorsiening van plaveisel en bankies onder die bome by die Markötter-krieketfasiliteit aanliggend tot die Volkskombuis, asook en die aanplant van gras was ‘n reuse-sukses.
- Fase 1 van die opgradering van die ikoniese Japie Krigesaal is voltooi.
- We are installing a water treatment plant to supply the PRG hostels with treated borehole water for potable use. This project was made possible by a special project donation of R600 000 by the Het Jan Marais-fonds.
Daar is wel nog groot uitdagings vir die vyfjaarplan, naamlik:
- die ontwikkeling van Astro-hokkievelde;
- die vergroting van vier klaskamers in die LPR-blok; en
- die hervestiging van die biblioteek.
Ek glo ons kan ongelooflik trots voel op wat ons binne twee-en-‘n-halfjaar bereik het. Dit is uiters belangrik dat ons die momentum volhou om ons pragtige kampus te laat saampraat met die beste in die land. Dit is deel van ons strewe na uitnemendheid.
Om saam te vat, die huidige stand van die Vyfjaar-meesterplan is soos volg:
- Duiwehokke opgradering ✓
- Prima opgradering – Fase 01 ✓
- Nova opgradering – fase 01 ✓
- Opgradering van ou rektorswoning vir die nuwe koshuishoof ✓
- Nova opgradering – Fase 02 ✓
- Nova opgradering – Fase 03 ✓
- Prima opgradering – Fase 03 ✓
- Prima – nuwe koshuisbesoeker-parkering ✗
- Eetsaal – nuwe vleuel-aanbouings ✓
- Tennisbane – 6xbaan opgraderings met vier spreiligte en mobiele pawiljoen ✓
- Kafeteria-opgradering en nuwe PRG handelsmerk-winkel ✓
- Skool-vierkant – nuwe landskap ontwerp ✓
- Matriekgronde – nuwe landskap ontwerp ✓
- Nuwe landskapering en plaveisel na opgegradeerde musiekkamer ✓
- LPR : nuwe landskap ontwerp ✓
- Nuwe binnenshuise krieketnette met klubhuis, kolfblad en pawiljoen opgradering
- Skuif bestaande krieketnette
- Formaliseer skoolsaal parkeerarea ✓
- Formaliseer hoof voetgangersroete ✓
- Formaliseer sentrale parkeerarea met landskapontwerp ✓
- Formaliseer personeelparkering ✓
- Verhoed parkering op sirkel en versag met landskapontwerp ✗
- Fietsloods: nuwe gebou vir fietse en sportsakke ✓
- Nuwe Rektorswoning ✓
- Nuwe landskapbuffer
- Gr 8 binnehof: opgradeer stormwater probleme en voorsien nuwe sitareas deur landskapontwerp ✗
- Skuif grensmuur voor Nova-koshuis. ✗
- Skuif mobiele werkerskantore ✓
- Nuwe Astro vir hokkie ✗
- Vergroot vier klaskamers op suidekant van LPR-blok op grondvloer (verwyder gang). ✗


