Edition / Uitgawe Oct 2020

JF Marais Biblioteek

As seen in the Chairman’s Message, the Old Boys Union had made it one of its goals to fund PRG’s JF Marais Library Project. Rector André van Staden explains in this article the importance of having a library and what major achievements by Old Boys could have been stimulated by having access to an excellent library in the past.

Dit is alombekend dat Paul Roos Gimnasium groot name opgelewer het in die woordkuns. Dit is ‘n faset van die skool waarop ons ongelooflik trots is en onderstreep die gebalanseerdheid van die Paul Rooser, wat vir ons baie belangrik is.

As with many achievements in the past, Paul Roos is once again proud of the fact that two of the four shortlisted in the 2020 SA Book Awards category adult non-fiction, are Paul Roos Old Boys: Pieter-Louis Myburgh and Pieter du Toit .

PRG het ook reusespore getrap in die Suid-Afrikaanse joernalistieke wêreld. Daar is selfs ‘n aanname dat ons die skool is wat die grootste bydrae tot die Suid-Afrikaanse joernalistieke wêreld lewer. Drie van Die Burger se nege redakteurs was Paul Roosers, en so ook die huidige en vorige redakteur van die Sondagkoerant Rapport.

‘n Leemte het vanjaar ontstaan deurdat die JF Marais Biblioteek om praktiese redes moes plek maak vir die derde rekenaarsentrum om die groeiende getalle in dié vak te akkommodeer. Ons is dus opgewonde om die blye nuus te kan deel dat ons in die finale beplanningfase van die nuwe JF Marais Biblioteek/- Bronnesentrum is. Hoewel die nuwe biblioteek moderne tendense in ag neem, behou dit ook sy tradisievolle  karakter om sodoende sy regmatige  rol te kan speel in die opvoeding wat ons die Paul Roosers wil bied.

With the limited space available, we want to create the following: a magazine and newspaper area, digital research facilities, informal seating where one can sit and read, book shelving, a work area, a presentation venue and a small boardroom.

Ons is besig om die planne te finaliseer en die tenderproses sal daarna begin. Die doelwit is om aan die begin van Januarie 2021 die JF Marais Biblioteek met ons akademiese program te integreer.

We are extremely grateful to our Old Boys who have contributed and are still contributing to this worthwhile project.

Read more about the JF Marais Library here.