Desember 2020
Dear Old Boy
This past year was a challenging year for everyone, and in all spheres of society, as said earlier, it was also a good time to do some introspection.

Soos genoem in my vorige skrywe oor die nuwe JF Marais Biblioteekprojek, bedank ons graag al die donateurs wat hierdie projek moontlik gemaak het. Klein of groot, baie dankie vir jul bydraes.
Die OSU het uit eie fondse R370 000 (23.13%) bewillig as bydrae tot die R1.6m projek.
Class or individual donations in excess of R20 000 will receive a small copper plate or brick engraved with their name as a token of appreciation.
Die nuwe grondwet, soos elders bespreek, is aanvaar op ons AJV met ʼn paar wysigings wat aangebring is en ingestem is op die AJV.
Daar word gepoog om diversiteit in die Uitvoerende Komitee te kry oor verskillende jare en die UK is tans soos volg saamgestel: 1978, 1981, 1986, 2003 en 2010. Op ons onlangse vergadering is besluit om ʼn Jeugportefeulje te skep, wat ons sal verteenwoordig op die US-kampus en bestaan uit Old Boys wat 5 jaar of minder uit die skool is. Ons het 4 kandidate gekry en omrede hul uit verskillende koshuise en studierigtings kom, het ons besluit om ʼn Jeugkomitee op die been te bring. Ons glo dit gaan die betrokkenheid van die jong old boys bevorder. Die Jeugkomitee bestaan uit: Ivann van der Merwe (2018); Adam Strydom (2018); Chris Albertyn (2019) en Xander Praetorius (2019)
Daar het ook ʼn paar veranderinge in die samestelling van die Uitvoerende Komitee gekom:
- Chris Theron (1991) het bedank, om meer tyd aan sy familie te spandeer; en
- Hannes Odendaal (2002) het die portefeulje van Pollas oorgeneem, met gedeelde verantwoordelikheid na die Paul Roos Classic Gholfdag.
The school approached the Old Boys’ Union to assist with the purchase of a property for letting purposes to a prospective staff member. After lengthy discussions with numerous parties, it was agreed to purchase a townhouse in Paradyskloof. Part of the OBU’s existing capital at Allan Gray was used as a deposit. We believe that this is a step in the right direction. We are helping our school in its pursuit and at the same time, building an asset for the OBU.
Die Klas van 2020 het stof geskop in die Klas van 2019, wat die rekord gehou het vir inskrywings as volopbetaalde lede:
| Jaar | 2020 | 2019 |
| Lewenslede | 70 | 60 |
| 3-jaarlede | 16 | 10 |
| Totaal | 86 | 70 |
Baie welkom aan die klas van 2020 as lede van die Old Boys.
We are all looking forward to a prosperous 2021 and hope to see you at our events.
May you enjoy a wonderful festive season and when you travel, please travel save.
Semper Splendidior!
Vriendelike groete van jul komitee en die voorsitter
Gustav Potgieter
083 302 1525
gustav@aurumtrust.co.za
