Ons weet almal dat 2020 ʼn moeilike jaar was. Die Covid 19-pandemie woed nog steeds voort en groot nuwe infeksies kom plek-plek voor, maar dit is veral op ekonomiese gebied waar die impak gevoel word. Ook in ons opvoedingstelsel was daar groot uitdagings, maar tog voel ons optimisties en is daar dalk net ʼn hupstoot uit ons geledere nodig om die wa deur die drif te trek.
A significant positive development is the premier sponsorship deal for the school’s first team sport programme signed with Rudolph Optics. Together with the school we say thank you and want to express the hope for a long and fruitful partnership.
Dat daar ʼn rekord-getal nuwe aansluitings by die Oudskoliere-unie uit die geledere van die 2020 Matriekklas gekom het, is ook merkwaardig. Dit wys op ʼn lojaliteit en ʼn trots wat by hierdie jong mense in hul tydperk in ons alma mater aangekweek is.
Another achievement is that not only one, but two Old Boys contributed to a famous victory on the cricket field for Cambridge University against Oxford this year. Pieter Daneel tells us the story of what his Cambridge experience meant to him.
Die grondslag vir die puik opvoeding wat leerders aan Paul Roos Gimnasium kry, kom al van toeka af en ʼn interessante bydrae oor oud-rektor Gert Smit se visie verskyn in hierdie uitgawe van die nuusblog. Interessant genoeg is dat daar genoeg ruimte vir eie perspektiewe in die stelsel gelaat word, soos Vader Jacobus van der Riet ons in sy vertelling oor sy skooljare meedeel.
Also take a look at the partnership on provincial government level between two Old Boys, Anton Bredell (1983) and Gert van der Westhuizen (1973), to manage the Western Cape’s environmental affairs and local government on a level that is admired by all.
Daar is egter ook finansiële hekkies om te oorkom om die voortsetting van gehalte-onderwys te verseker en die Oudskoliere-Unie het die taak op sy skouers geneem om die nuwe biblioteek vir die skool ʼn werklikheid te maak. U hulp is nodig vir daardie laaste hupstoot.
Enjoy the holiday season and drive safe if you travel anywhere. Why not plan a breakfast somewhere with old schoolmates, like the Class of 58, or a walk in nature, like the Class of 73. Merry Christmas and a prosperous New Year to all.
n Laaste gedagte oor die inspirerende video hierbo: In die gees van Kerstyd moet ons dalk nie net ʼn Paul Rooser borg nie, maar onsself ook bederf deur die pragtige Old Boys-baadjie te bestel as dit nie reeds in jou kas is nie! Lekker lees en onthou om vir ons terugvoering op die nuusblog te gee.
