Edition / Uitgawe Dec 2020

Wysigings aan die OSU se grondwet

Reeds vroeg in die jaar het die Uitvoerende Komitee ʼn bespreking gehad oor die verouderde grondwet en die wysiging en aanvulling daarvan om in te pas en voorsiening te maak vir huidige situasies.

Die totstandkoming van die Rugbykomitee as formele subkomitee van die UK, asook moontlike ander subkomitees en die totstandkoming van streekskomitees (Pollas) het die UK genoodsaak om wysigings aan die grondwet aan te bring, asook die Covid-19 inperking wat verhoed het dat ʼn Algemene Jaarvergadering kon plaasvind, en wat die UK sou noodsaak om dit moontlik virtueel te hou.

n Nuwe gewysigde formaat is opgestel en na bespreking en goedkeuring deur die UK, is dit ook voorgelê aan die skool vir hul insette. Die skool was  tevrede en daarna is die konsepgrondwet vertaal in Engels.

Die volgende stap was om dit voor te lê aan alle Old-boys wat sinvolle kommentaar en voorstelle gemaak het. Finale wysigings is aangebring en die konsep is uiteindelik, met minimale wysigings, op die Algemene Jaarvergadering, gehou op 22 Oktober 2020, aanvaar en goedgekeur. 

Francois Schoombee, UK

Goedgekeurde grondwet:

https://drive.google.com/file/d/1uQRfljcY3lSEbX8q2wxZ43JUcdSKmdVN/view?usp=sharing

Approved constitution:

https://drive.google.com/file/d/18l6e_-dcyd13DtNlyAGbmH9_Oeozt3k5/view?usp=sharing